|
|
|

April
2009
Jaargang 1 Uitgawe
9 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
|
|
|
Boekmerk dié bladsy
|

Hester Coetsee van
Lephalale skryf:
Baie Dankie weereens vir die wonderlike voorreg
om so 'n lekkerlees tydskrif gratis te kan
indrink – want dis presies wat ek doen! Elke
nuwe uitgawe is 'n genotvolle verkenning.
Ek het uiteindelik moed bymekaar geskraap en 'n foto van my met my spogprys laat neem (op 57
doen mens nie meer graag hierdie dinge nie!) Ek
het die boek verskriklik geniet, kon dit net nie
neersit nie. Vir jare al is ek 'n groot
aanhanger van PG du Plessis. Ek beleef elke boek
as 'n treffer, elkeen op sy eie manier 'n wenner.
Dis 'n voorreg om sy werke te besit en ek sê
weer BAIE DANKIE!
Sterkte vir al julle harde werk sodat ons dit
kan geniet.
Groete |
Stephanie van
Niekerk, skryf:
I read your article on http://www.jouwereld.co.za/jl_hartmode.htm
in regards to the IFS. Having been there myself
I am extremely disappointed that you would
actually give it any publicity as it is a huge
INTERNATIONAL FAKE SALE and all the flea market
vendors trying to pawn their goods off to the
public as the real deal.
As for your section quoting Marc Israelsohn:
“Volgens Marc Israelsohn, uitvoerende hoof van
Global Village, beplan hulle om hierdie jaar
verskeie projekte te loots om minderbevoorregtes
te help. Dit sluit in beurse vir voornemende
mode-ontwerpstudente, 'n mikroleningstelsel vir
opkomende ontwerpers en boonop beplan hulle om
belowende studente na oorsese modeweke in Parys,
London, Milan en New York te stuur om só
blootstelling aan die internasionale mode-wêreld
te kry.”
He never follows through on these grant promises
as he did the exact same thing two years ago
playing to gullible journalist like yourself who
never follows up to see if they actually make
good on their grant public promises.
(Lesers wat die International Fashion Sale
bygewoon het, of dalk 'n opinie het om te deel,
skryf gerus aan ons by
redaksie@jouwereld.co.za)
|
|
Aaltje, wenner van die Matthys
Roets konsertkaartjies by Carnival City, skryf:
Wil net weer baie dankie sê, dit was 'n
heerlike bederf en ons het Mathys sommer baie
geniet!
Lekker dag |
|
|
Lizette Wentzel (hubert.wentzel@absamail.co.za),
Pretoria, skryf:
Ek is betrokke by ons kerk en ons het
jaarliks 'n kamp vir kindertjies van 3
jarige ouderdom tot en met Graad 5. Ek is
altyd opsoek na vars idees wat speletjies
aanbetref om die kinders besig te hou.
Sal dit waardeer indien julle my dalk
kan
help?
Dankie
|
|
Christo du Plessis (Pretoria) skryf:
Dankie dat jy en jouwereld skryf lekker maak.
|
|
Christa Jonker-Jordaan (Bloemfontein) skryf:
Hallo julle
Ek wil net sê dat ek baie bly is dat ek een van
julle medewerkers geword het. Dit is so lekker
om positiewe terugvoer te kry. Na 4 boeke gee
dit my nog 'n ongelooflike groot lekkerkry! Ek
lees eenmaal 'n onderhoud met Jonathan Rhys
Meyers, waar in hy die volgende sê, ek haal aan:
"What do I get out of it at the end of the day?
Money. I get to travel around to different
places. I get--for 10 to 12 hours a day--to not
really be me. It's great escapism. It can be
very fucking therapeutic. But it's not something
that's immediately satisfying. Sure, it's
satisfying when a film you're in breaks $300
million at the box office, and the next thing is
you get a $5 million offer, and there are awards
flying about the place. But more often it's not.
Every so often someone comes up and says, "Hey,
I saw you in that movie. It was great!" And I'm
like, "Yeah, thanks very much." And that's where
the satisfaction comes in."
Om te skryf dink ek
is op die ou end ook dit: Dat iemand vir 'n kort
oomblik plesier in jou woorde vind. Dankie vir
'n oulike tydskrif op die net!
|
Marie Vos skryf:
Dankie vir 'n pragtige tydskrif elke maand -
MAAR hoekom is daar dié maand nie meer 'n
debatsforum nie?
Ek het almal se menings baie geniet en lekker
vir sommige gelag!
Bring dit terug asseblief!
Redaksie-kommentaar: Jy is reg: ons
Desember-uitgawe het wel nie 'n debats-onderwerp
gehad nie, maar vanaf dié maand is dié afdeling
weer terug waar lesers hul menings kan lug en
mekaar op die debatsfront kan aanvat.
|
|
Jolene en Willem Ruthven (Oos-Rand), skryf:
Goeie More
Graag wil ek net julle hele
span bedank vir die GROET DIE GROTVROU kaartjies.
Groot was my verbasing toe Jaco my bel en se ek
het 2 kaartjies gewen.
Baie dankie vir n wonderlike aand van
ontspanning ek en my man het dit baie geniet.
Dankie ook vir n lekker tydskrif en ek kyk uit
vir die “cocktail” resepte.
Redaksie-kommentaar: Bly
julle het die vertoning geniet! En hoe het die
kop toe gevoel die dag ná die “cocktails”?
|
|
Pieter Grobler (pwag@shaw.ca)
Kananda, skryf:
Goeienaand.
Alla maskas hoe lekker is dit om weekliks iets te
lese te ontvang. Baie dankie.
Ek is Pieter Grobler wat vroëer daar in die ou
Transvaal, wes van Pretoria en ook so 25 myl wes
van die Hartbeespoortdam aan die noord-hange v/d
Magaliesberge gewoon het. Ons plaas was
Buffelsfontein, en ons naaste dorpie was
Mooinooi.
Ek is 'n afgetrede onderwyser
en hoof, en het reeds in 1966 hier na Alberta,
Kanada getrek. Het vroëer in Bronkhorstspruit,
toe in Wartburg en Pietermaritzburg, Natal,
skoolgehou. Ook in Tsumeb, Suidwes Afrika. Toe
hier na Kanada, waar ek skoolgehou en verder
studeer het. Het toe na altesaam 43 jaar in die
onderwys, afgetree.
Ons woon nou al 35 jaar in Canmore, 'n dorpie
van so 12 000 inwoners in die Rotsgebergtes wes
van die Stad Calgary in die provinsie Alberta.
Destyds toe ek hierheen as ongetroude jong man
gekom het, het ek in my woonstel soos 'n gekke
met myself Afrikaans praat om tog te verseker
dat ek nie my taal verloor nie. Ek het so na my
kultuur verlang dat ek o.a. vir myself biltong
en boerewors leer maak het. My ousus van
Krugersdorp het vir my 'n Kook en Geniet gestuur
en ek het geleer om karringmelkbeskuit en ander
knop-in-die-keel-verlang-disse te maak. Na sowat
drie jaar hier ontmoet ek 'n Vlaamse nooi aan
die universiteit. Ons is na drie weke getroud,
het twee kinders gehad — wat Afrikaans vlot
praat.
Dis nou baie jare later en hulle het albei hul
eie kinders, maar praat nog pragtig Afrikaans
met my en Frans met my vrou.
Oor die byna 43 jaar wat ek hier woon is ek elke
3 of 4 jaar terug Republiek toe om by my ouers
en susters te kuier.
Ek dink elf keer — tot albei my ouers 'huistoe'
is, soos my Ma dit genoem het. Ek en Mirjam lees
albei graag en sal sekerlik lekker lees aan
Jouwêreld.
As daar Afrikaners is wat met my wil kommunikeer
(Mirjam praat Nederlands en Frans) skryf
asseblief aan:
pwag@shaw.ca
|
|
Etienne Marais (etiennemarais1990@gmail.com),
skryf:
Beste Jou Wereld Tydskrif
My naam s Etienne Marais en ek is 18 jaar oud.
Iemand het 'n ruk gelede aan TV Plus 'n brief
geskryf om te se hoe gekant hy teen Harry Potter
is. As 'n Christen wil ek net se dat ek saam
stem met dit wat hy gese het oor hoe duidelik
die Bybel se moet niks met towenaar goed te doen
he nie.
Toe ek 14 jaar oud was het ek stemme gehoor wat
oor en oor in my kop 'Harry moet weg' gese het.
As 'n Christen wil ek graag almal wat mal is oor
Harry Potter vertel dat hulle nie die selfde
stemme wat 'Harry moet weg' se wil hoor as wat
ek gehoor het nie.
E het al baie gebid vir die bekerings van almal
wat met Harry Potter te doen het en e-posse
gestuur om hulle van God se liefde te vertel en
ek sal aanhou om vir hulle bekerings te bid.
Vriendelike groete
|
|
Zalome Arnott van Phoenix, Arizona,
V.S.A., (zalome@cox.net)
skryf:
Ek kry "JouWêreld" vanaf die eerste publikasie.
Ek dink dit is fantasties om sulke waarde heel
gratis vry en verniet te kan kry. Baie dankie
vir al die goeie raad en inteligente artikels en
lekker stories wat mens kan lees. Dit is nog
lekkerder as julle na my adres kyk, want hier
waar ek is is daar nie Afrikaans nie. Niks! Ek
het toe maar met 'n Afrikaanse groep, ook op
Google, begin. Dit help bietjie vir my dors en
verlange na Afrikaans lees en praat. Op die
manier het ek honderde Afrikaanse vriende
bygekry, onder ander baie wat in dieselfde
bootjie is as ek.
Mense hier is nie gasvry nie en maak beslis nie
maklik vriende nie. Na vier jaar weet ek net wat
4 van die 5 buurhuise se mense se name is. 2 se
huismense het ek ontmoet, en een, sy is 'n
Duitse dame, het ek 'n paar keer by gaan kuier.
Oor die algemeen is daar niks van net gou inval
en dagsê en drink 'n koppie koffie nie. Ai!!!!!
Daar is net een probleempie. Al die kompetisies
verwag dat mens dit of dat as antwoord moet SMS.
Wat van ons mense wat nie selfone het nie. Dit
is mos diskriminasie. Miskien is dit heel
ongewoon as mens in hierdie moderne tyd leef
sonder 'n selfoon vasgeplak aan jou oor! Kan dit
maar nie 'n epos ook wees nie? Ek sou graag aan
die wedstryde wil deelneem maar het 'n nie 'n
selfoon nie.
jouwêreld-redaksie antwoord:
Liewe Zalome, klink of jy maar eensaam sonder
Afrikaans is daar in die verte van die VSA. Jong,
jy het natuurlik 'n alternatief: kom terug
Suid-Afrika toe! Gelukkig is jouwêreld
darem nou daar om jou ergste verlange te stil!
Oor jou vraag oor die kompetisies: Die
buitemaatskappy waarvan ons gebruik maak om die
kompetisies te administrateer, maak slegs
voorsiening vir SMS-inskrywings. Verder versend
die borge van die kompetisies slegs pryse na
Suid-Afrikaanse adresse. Dit beteken ongelukkig
dat Afrikaanssprekendes wat in die buiteland
woon, of lesers wat nie oor 'n selfoon beskik
nie, ongelukkig nie aan die kompetisies kan
deelneem nie. Jammer – maar dit is ongelukkig
faktore buite ons beheer!
|
|
|
e-pos hierdie
artikel
het
jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
|
terug na jousê
hoofinhoud
volgende artikel
vorige artikel |
|
|
|
Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!
[ jouapplous ] [ joufiksie ] [ jouhoofstories ] [ joutuisblad ] [ jougeskenke ] [ joukontrei ] [ jouleefstyl ] [ joumenswees ] [ joupolitiek ] [ jourubrieke ] [ jouse ] |
|
|
|
|
|
Opsoek na enige
onderwerp in jouwêreld?
Deursoek ons hier! |
|
|
|