|
LETTERKUNDE:
Persoonlike tragedie by
die wyer ellende van die Boere-oorlog
P.G. du Plessis se nuutste roman, Fees
van die ongenooides, is weliswaar een
van die heel grootste werke oor die
Boereoorlog, maar dit is ook ‘n werk wat
in ‘n hedendaagse idioom vrae vra oor
hoe ons onthou, wat ons onthou en wat
die implikasies is van vergeet. En
stellig die klinkklaarste antwoord op
hiérdie vrae is die feit dat sy boek ‘n
onvergeetbare leeservaring is.
CD en
DVD:
Steve doen Kris
Steve Hofmeyr se musikale ode aan Kris
Kristofferson is nou beskikbaar. Naas sy
Toeka-projekte is die Kris
Kristofferson-vertoning sy troetelprojek
waarvan hy die CD-opname binne twee weke
gedoen het – tussendeur twee massiewe
operasies.
TEATER:
Pasop – sy is
oppad!
Die legendariese grotvrou is nie op haar
bek geval nie – en nou kry Gautengers
húl beurt.
LETTERKUNDE:
'n Oulap se blou
In Chris Barnard se nuutste bundel
kortverhale word die verlange van die
oudag teenoor die verlange van die jeug
gestel en daaraan ’n stem gee. Verlange
na verlange, in besoeke na ’n landelike
seunskindparadys wat, soos alle geluk,
slegs vlietend bestaan het. En ook nie
slangloos was nie.
LETTERKUNDE:
Herinnerings en verlange
Prof. Willie Burger bespreek
Chris Barnard se nuutste bundel
kortverhale, Oulap se blou,
wat verlede maand uitgereik is.
CD:
Venster in lewe
van liedjieskrywers
Al Klopjag se sterkpunte, naamlik hul
sterk lirieke en melodielyne en
uiteenlopende instrument kombinasies, is
steeds die hoeksteen van hul nuutste
album, maar daar is tog iets ekstra
waarop mens nie jou vinger kan plaas nie
GIDS:
Novemberteater
Wat, waar en wanneer: beplan jou
teaterondervinding met ons
vermaakdagboek
KINDERBOEK:
Hy soek virusse –
deur Karin Bain
Opsoek na ‘n goeie boek om vir jou seun
van so tussen 8 en 13 jaar oud aan te
skaf?
Dan is
Vin die virusjagter,
deur Jeanine Henning, ‘n baie goeie
keuse.
LETTERKUNDE:
Die frats-vrou:
seks- en studie opjek – deur Karin Bain
Almal weet Khoena is die frats, maar
niemand kan dit vir haar sê nie. Hoekom
nie? Bang vir hulle eie geweldadigheid?
Chris Karsten se roman, Frats,
neem dié en ander kwessies onder die
loep.
DVD/CD:
Hoop vir 'n nasie
Angus Buchan se boodskap van hoop is nou
op ‘n CD/DVD stel beskikbaar
|