ADVERTENSIE- en
BEMARKINGSMOONTLIKHEDE
Maatskappye, besighede en diensverskaffers
kan hul onderneming se dienste en produkte
op jouwêreld
adverteer.
Die tydskrif
bied twee advertensie- en
bemarkingsmoonlikhede, naamlik die
Betaal-opsie en die
Uitruil-opsie.
Volgens dié opsie betaal die
adverteerder 'n vasgestelde tarief per maand
vir die plasing van sy advertensie.
Tariewe:
Banner-advertensies
(Met logo en naam van besigheid, kontakbesonderhede,
teksbeskrywing van maksimum 40 woorde en skakel na adverteerder se eie webtuiste)
Onder teks op
hoofindeksbladsy – R600 per maand
Onder teks op sub-indeksbladsye
– R250 per maand
Onder teks op
artikelbladsye – R150 per maand
Blokadvertensies
(Met logo en naam van besigheid, teksbeskrywing van
maksimum 10 woorde en skakel na adverteerder
se eie webtuiste)
Langs teks op
hoofindeksbladsy – R400 per maand
Langs teks op
subindeksbladsye – R175 per maand
Langs teks op artikelbladsye
– R80 per maand
Om te adverteer, registreer
as leser by
www.jouwereld.co.za; stuur daarna jou
advertensie in HTML-, JPEG- of GIF-formaat
aan
webmeester@jouwereld.co.za
Indien jy verkies, kan
jouwêreld
se webmeester ook jou advertensie vir jou
ontwerp teen 'n addisionele bedrag van
R100.00
Spertyd vir advertensies is
teen die 20ste van die maand, om in die
volgende maand se uitgawe geplaas te word.
Die nuutste statistiek rakende die
besoekers- en leserstal van
jouwêreld,
is op aanvraag beskikbaar.
Volgens dié opsie gaan jouwêreld
'n ruil-ooreenkoms met maatskappye,
besighede en diensverskaffers aan.
Hiervolgens verskaf die
kliënt van sy produkte, wat hy verkoop, aan
jouwêreld om dit as prys in
die jougeskenkhoekie-afdeling aan
lesers weg te gee.
Die wenners van die prys word
aan die einde van die maand aan die kliënt
verskaf, wat dan vir die
versending van die produk verantwoordelik is.
In ruil hiervoor bied jouwêreld die kliënt
'n gratis eenbladsy-editorial oor die produk of diens, wat vir die
spesifieke maand in die tydskrif gepubliseer
word, aan.
Volledige kontakbesonderhede
van die kliënt, asook 'n skakel na sy eie
webwerf, verskyn saam met die artikel.
Daarby ontvang die kliënt ook
'n blokadvertensie, wat gratis op 'n ander
bladsy of in 'n volgende uitgawe, geplaas
word. Die waarde van dié blokadvertensie
sal gelykstaande wees aan die waarde van die
produk wat die kliënt as weggee-geskenk
aanbied.
Die kliënt verskaf die teks
vir sy editorial in Afrikaans, wat deur die
redaksie taalversorg sal word.
Om van die Uitruil-opsie
gebruik te maak, stuur jou inligting aan
redaksie@jouwereld.co.za
Spertyd vir die editorial is
teen die 20ste van die maand, om in die
volgende maand se uitgawe geplaas te word.
Die nuutste statistiek rakende die
besoekers- en leserstal van
jouwêreld,
is op aanvraag beskikbaar.